
=====================================================================
'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'n Taalstroom waaruit almal kan drink

George Weideman   pleit dat Afrikaans moet put uit sy "eie opgaardam van woorde".

EK het by geleentheid al ges ek bekommer my nie danig oor die gebruik van kultuswoorde in Afrikaans nie. Woorde soos cool, stunning, 
weird, alien en funky is net so deel van die taalstroom wat n onder die brug verbyvloei, as wat nice, fantastic, chick, ducktail en 
sheila dit in my generasie se vulletjiedae was. Daardie soort woorde kom en gaan. En vandag se vulletjies drink nog by dieselfde strm 
water; Afrikaans se fonteintjie sal nie sommer opdroog nie.

Tog proe die water nie altyd so soet nie; verbrakking en besoedeling bedreig die varsheid van die taalstroom; en partykeer dryf daar 
goeters verby wat enige perd sy neus op 'n plooi sal laat trek.

Daar is 'n verskil tussen doodgewone gemaksugtigheid en 'n kunsmatige poging om Afrikaans van negatiewe persepsies te suiwer; 'n soort 
agteroorbuig om tog nie t "Afrikaans" te klink nie. 'n Politiek-korrekte soort taalgebruik.

So is daar gewone voetsool-Afrikaans en dan is daar Monitortaal en Spitstydtaal. Wanneer sommige radiojoernaliste verslag doen, gooi hulle 
Engelse ekwivalente vir bekende Afrikaanse woorde rond asof hulle nog nooit van sinonieme gehoor het nie. Ek verwys nie na verslaggewers 
wat van huis uit andertalig is nie; ironies genoeg doen sommige van hulle meer moeite as diegene wat wel Afrikaanssprekend is!

'n Mens kry die indruk dat die klakkelose aanwending van Engels (waarom nie Xhosa of ander tale nie?) uit blote dienstigheid of gewone 
luiheid voortkom. Sies tog, Antjie, wil 'n mens dan vra, is jy s serious en s stressed out dat jy regtig nie aan gewone Afrikaanse woorde 
vir commit(ment), delegates en issue kan dink nie? 'n Mens wen nie taalvriende of respek met sveel blatante solidariteitsvertoon nie.

En, Kenneth, is daar dan nie in die Afrikaans van jou Namakwalandse broers en susters die rykste en soetste woorde wat jy met ons, die 
luisteraars, wil deel nie? Want dink net: Hoe lekker sal dit nie wees as 'n mens jou een oggend oor ontbyt/brekfis/agtuurtjie hoor s 
President Thabo Mbeki het skerp gereageer; hy was nou behoorlik skurweskof nie?

Natuurlik is die aanwending van woorde uit ander tale (let wel: nie net uit Engels nie) dikwels funksioneel en verskoonbaar; wanneer dit 
egter na 'n soort mag van die gewoonte begin lyk, dan begin 'n mens dink: ja, mg het baie verstikkende wortels; en daardie wortels kan die 
hele sensitiewe ekosisteem van 'n taal laat verstik.

Hoe sou dit met taalonderrig gesteld wees? Want di l mos naby die oog of die bron van die taal. Wat Engels betref, lyk dit my, gaan die 
proses voort wat ek as tkkoppie al leer ken het: vocabulary. Vocabulary! Die vraag is nou of die Afrikaans-onderwyser en -- leerling 
soveel uit, s maar, radiotaal kan put as in die dae toe mense soos Jan Schutte,   Hannes Horne,   Johan de Bruyn,   Andr Blom en   Fanus 
Rautenbach   elk op hul eie gebiede gehelp het om Afrikaans te verryk.

Om bloot te redeneer dat daardie soort Afrikaans onaanvaarbaar is omdat dit uit die apartheidsera kom, is om die stomme taal die skuld vir 
apartheidsmisdade te gee. Natuurlik het apartheid taalstigmatisering meegebring; maar vir 'n hengse klomp mense in hierdie mooi land van 
ons is Afrikaans leef- en oorleeftaal, taal sonder grys skoene, ni noodwendig benoudeboude-taal, soos die "Brooklax"-wenadvertensie van 
Radiosondergrense te kenne wil gee nie.

Taalskepping is 'n wonderlik vrugbare terrein, al moet 'n mens steeds onthou dat daar al goed met die stroom afgedryf gekom het wat jy nou 
rrig nie kan sluk nie: knormoer (vir aansitter, byvoorbeeld). Daar is ook baie nuutskeppinge wat wel posvat -- ek het braksak(kie) en 
woefkardoes al by 'n hele paar restourante getoets -- en hulle wrk. Ook verbly die gewilligheid van leerlinge om skeppend te dink.

'n Mens dink hier aan op en wakker skoolkoerante, aan Richardsbaai se tieners met hul "wilde woordeboek" en aan kreatiewe denkers soos 
Linette Retief wat reklame-Afrikaans 'n ander baadjie help aantrek het.

Ook die radio en televisie bied ruimskoots voorbeelde van verrykende Afrikaans: Jan Scholtz   se televisiereekse (wat baie kykers, ook uit 
ander taalgroepe, trek) hoef oor niks skaam te wees nie; Chris Mller   se rugby-Afrikaans klnk mooi; Pasella stel 'n uitmuntende 
voorbeeld; en jy wens Johan Stemmet wil soms so 'n nootjie meer van die   Afrikaans wat hy in sy Namakwalandse kindertyd moes gehoor het, 
laat deurglip.

'n Probleem is miskien dat jongmense (en sommige kinderagtige grootmense) dink dat dit nie koel is om Afrikaans skeppend te gebruik nie; 
hoe meer Engelse oogklappe, hoe geriefliker; hoe dunner die ou stroompie, hoe makliker. Alles moet vinnig en dr wees: I want it all and I 
want it now is mos die slagspreuk van ons tyd; mense het rekenaarikone geword waarop jy kan woerts. En vir die klaskamer moet alles 
gefotostateer of tot enkele ou katspoegies gereduseer word; boeke is tog te ondemokraties!

Ek gesels nou die dag met 'n uitgewer oor die probleem wat veral jeugboekskrywers het met taal. Dit is tog nodig om veral vir tieners 'n 
soort vasvat-en-loslit-Afrikaans te skryf. Om dus af en toe kultuswoorde (cool, stunning) of woorde wat 'n tydperk eerlik weerspiel (s, 
die taal van tieners in die sestigs) te gebruik, is aanvaarbaar. Mits ons nie vergeet dat Afrikaans ook sinoniemwoordeboeke en tesourusse 
het nie. Mits ons nie vergeet nie dat jy net so goed 'n ou woord soos drassig kan terugbring om dieselfde "gevoel" as moerassig uit te 
druk. Mits jy onthou dat jy, soos vriend Braam de Vries nou die dag opmerk, 'n (in Nederlands meer bekende) woord soos treusel weer sy 
regmatige plek in Afrikaans kan gee naas drentel (wat bybetekenisse het). 'n Woord het nie net 'n semantiese waarde nie; in elke taal het 
dit soms iets magies, iets kleurvols, iets wat vars en onuitspreeklik soet is. Waarom mag net ander tale spog oor en put uit hul opgaardam 
van woorde? Kom, laat ons 'n slag al die sluise ooptrek! George Weideman se Plla l 'n kruistog ver, 'n keur uit sy   gedigte, het onlangs 
verskyn.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av541.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

